top of page
o-3.png
  • Writer's pictureClarina van ieperen

Die grense van liefde

En daar bars die bom vanaand straks net skuins voor slapenstyd. 'n Bom wat ek nie besef het, die lont steeds smeul nie.


Tydens selgroep het ons 'n preek gekyk met die tema "Love is meant for your enemies". En dit is so amazing dat dit juis vandag se tema is, net nadat die ou wat in die tuin stukwerkies doen vandag goed kom steel het, heel onskuldig hier uitgestap het en my erg bedrieg en onveilig laat voel het.

Tydens die preek was dit die eerste scenario wat in my gedagtes opgekom het wat 'n call to action geroep het. Hoe kan ek vir tuinman X liefde wys? (Daai call to action het liefde behels in die vorm van vergeet en vergewe, 'n ander wang draai, laat hy maar weer kom en ons sê niks oor die diefstal(le) nie.)


 
"The love of Jesus is different and it is only different if it looks really different ... this love is not possible without the Holy Spirit".

Hierdie aanmerking van die prediker het sommer baie gesprekke laat rabbit trail. Ons bespreking daarna het gedraai rondom 'n Christelike aksieplan oor scenario X, totdat iemand die punt gemaak het: "Ek dink julle overcomplicate die hele storie. As die ou 'n vrou aanrand gaan daar nie 'n vraag wees oor hoe om vir hom liefde te wys nie. Dit gaan liefde wees wat vir hom op 'n manier gewys word sodat hy dit nie weer doen nie."


Okey, so nou kom ek by die smeulende lont.


Tot op daai punt het ek nog met my intellek die regte besluit probeer uitredeneer terwyl daar definitief nie iets in my regsit nie. Ek bedoel, hoekom het my gedagtegang oor die vorm van liefde vir Tuinman X nie iets ingesluit soos konfrontasie of regstellende ingryping in die Ewige koers van sy lewe nie?


'n Ander Sagmoedige, deel toe haar insig oor grootword lesse: "My ma het my geleer, wees altyd die minste, moenie terug veg nie. Behalwe as iemand jou kosblik uit jou hand uit stamp, dan kan jy dit maar terug doen. Ek besef om daai te doen is eintlik ook nie bybels nie?"


Die vlammetjie rondom my lont beginne brand...


Leendert deel oor sy hart-toestand oor 'n kollega. Sy selfinsig is dat sy eie sienswyse van die persoon die wortel van sy gevoel van liefdeloosheid is. Sy call to action is om vir die persoon te bid. Hy het natuurlik nie genoem dat die persoon die situasie soms uitbuit nie.


En daar tref dit my... Ek het 'n wrewelrige seer in my en dit is nou glad nie oor tuinman X se diefstal nie. Een van die laagste punte in my volwasse lewe was toegeskryf aan eksistensiële depressie. (Ek het al soortvan daarvan vergeet, maar my siel nie. Ek besef nou eers hoekom ek midde die bespreking beginne bewe het en heftig reageer het.) Daardie episode van eksistensiële depressie was toe te skryf aan my onvermoë om die twee punte by mekaar te kry. Hoe vereenselwig ek hierdie skrif van Lukas 6:27 met 'n seer ervaring van onreg? Ek voel die Bybel sê mens moet vergeet en vergewe, aanbeweeg. die minste wees en die ander wang draai, en tog voel iets steeds nie reg nie? Mag ek te nagekom voel? Hoe identifiseer ek op 'n praktiese Bybelse manier met my seer? Waar is die ander kant van die muntstuk? Ek weet daar kort iets tussen-in met die proses om van 'n seer-voel tot die Lukas 6 oorwinning te kom. Ek weet ek voel-voel nog elke dag, en my 'voel' gaan nooit Bybelse Waarheid vervang nie, maar intussen voel ek dit nogsteeds.


Miskien is die ander kant van die muntstuk dat my sienswyse oor liefdevolle optrede sonder 'n gesonde begrip van boundaries is.


Ek bedoel, hoeveel mense word misbruik as vloerlappe totdat daar nie veel in hulle oorbly nie, en hulle dink dis tot ere van die Koninkryk? Ek voel dis verregaande om 'n persoon te sien ly in 'n abusive situasie van watter aard ookal, en jy sê vir daardie persoon al wat hulle moet doen is om maar net aan te hou om die ander wang te draai- dis die enigste manier om die oortreder lief te hê.


Ek dink ek sing daai deuntjie nogals gereeld. Ek skryf vir myself 'n uitsluitlike definisie van liefde toe, wat duidelik ook gevorm word deur my afwersie vir konflik en voorliefde vir (skyn)vrede.


Wie flous ek? Dis blote grafverwery! Wit gepleister aan die buitekant met niks meer as droë beendere binne-in die hartskamer nie. My hart raak bitter teenoor myself oor my emosies, dan voel ek dis nie reg om so te voel nie. Ek 'dismiss' die emosie en doen die witgekalkte aksie van 'liefde': ek byt op my tong, sê niks, soms kry ek nog 'n glimlag ook reg...


Die bom straks voor slapenstyd ontplof met 'n uitbarsting in verbal processing oor my persepsie van Leendert se Christelike aksieplan vir sy 'liefdelose'-situasie by die werk- dit klink vir my nes 'n kloonresep vir 'n volgende eksistensiële gat.


Die ontlonting beaam toe eintlik die preek: "We cannot love like Jesus without the Holy Spirit!" Uit onsself, gaan ons onsself uitput, ons gaan leeggesuig wees op die ou einde. En ons gaan heel moontlik nog die Here ook daarvoor verkwalik.


Die revolusionêre ingryping van vergifnis kan eers die dieptes vry maak na erkenning van die seer en woede wat soms daarna volg. Ek dink ek kort ook meer 'n herinnering: It is a journey, but don't stop until the end point. Die punt wat waarlik kontra my lewenskultuur is, is om te praat, om te konfronteer, om Bybelse geregtigheid te soek met 'n sagte en rein hart wat spreek van bonatuurlike liefde bekragtig deur die Heilige Gees en bowenal mercy lief te hê.


Ek besef die seer is ook oor die afwesigheid van goeie opvoeding oor gesonde grenslyne in kerkverhoudings, gesagsverhoudings, familieverhoudings, self-verhouding en die verhouding met God. Goeie grenslyne impliseer natuurlik totale verantwoording vir eie emosies, seer, onvergifnis en groei. Dit kondoneer nie 'n onreg nie! Om verantwoordelikheid te vat, beteken om selfs terug te gaan in die morsige emosies wat nie met 'n reine stralekrans bekroon is nie om op die ou einde soos die Psalmedigter te kan bely, midde hewige vervolging:


"Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!"

Die ontploffing het gebars in trane, soos 'n granaat wat sappig is, oopgesny is en nou vlek///


Here, skep in my 'n rein hart. Verhoor tog hierdie traangebed sonder aksieplan wat genesing kort en weer anders wil lief hê.


22 September 2020

Recent Posts

See All

Toe sig

Σχόλια


bottom of page