top of page
o-3.png
  • Writer's pictureClarina van ieperen

Die kuns in rou

Mens is nie uniek nie en daar is niks nuut onder die son nie, tog bly dit ongemaklik om ginekoloog toe te gaan al is dit hulle werk en al sien hulle seker 30 pasiënte ‘n week... Vir jou is dit maar elke keer ‘n storie. Die beginsel is net… Jou situasie is nie noodwendig universeel uniek nie, maar dit is vir jou. My rou- ervaring van my man se dood is in my lewensstorie ‘n aaklige en unieke plot twist.


En tog, soveel ander mense rou ook. Ek is wel bevoorreg vir die omstandighede in my betreurenswaardige situasie. En ja, ek glo ek kan dankbaar wees en terselfdertyd ook realisties wees oor die muf situasie.

Nee, flip, ek jok vir myself.

Ek is ’n ewige optimis, idealis, ek is verslaaf aan hoop. Verslaaf… Ek weet nie eens of daar so iets is nie, dalk is dit maar net my saving grace.

Aan die reg begin het ‘n vrou met my kontak gemaak wat in ‘n soortgelyke rou-situasie is. Ek weet nie eens die details nie, ek het net op daardie stadium gevoel ek kon nie toe met iemand praat wat ook nog rou is in haar rou nie. Ek moet my eie paadjie stap, ek wil nie myself vergelyk met iemand anders se pad en in vrees sit en wag vir die volgende hou nie. Op ‘n manier wil ek nie weet wat kom nie, ek wil dit dag vir dag vat. Hou vir hou- soos op daardie Sondag. Ek is dankbaar dat ek vir Leendert gevind het. Ek is dankbaar dat ek nie die nuus oor die telefoon gekry het nie, ek is dankbaar dat ek nie assosiasies het met ander mense as ek dink oor die ontdekking nie. Ek is dankbaar dat ek dit hou vir hou gevat het sonder ‘n vreesvolle opwagting vir wat ek gaan vind.


En ek is verslaaf aan Betekenis. As iets vir my betekenis het, dan is dit die moeite werd. En soms dissekteer ek ‘n situasie totdat ek net ten minste ‘n selletjie van Betekenis kan vind. En soms wanneer ek dit nie kan vind nie, berus ek in die feit dat ek kortsigtig is, dat daar ‘n groter prentjie is, ‘n groot tapisserie waarvan ek net die random stukkies kleur gare sien. Dit gesê, daar is nie vir my ‘n skaal nie- ‘n weegskaal van betekenis wat moet kantel sodat iets die seer werd is nie. Soos, sommige goed wat gebeur is net shitty, punt. Dit suck, sosin BIG time. Maar, dit kan suck én betekenis hê. En dis waar ek is met Leendert se dood, dit suck, maar dit moet betekenis dra. Dit moet iewers, een of ander tyd betekenis kry. En dit doen- dit het al. En ek sien dit as super groot genade. ‘n Troos en ‘n bewys dat die Here hierdie kan en gaan omdraai.

He is turning tables on the enemy!

Daar sit vrouens in Oekraïne wat weduwees is, wat kinders verloor het, wat sonder heenkome sit en regtig voel hulle sit sonder ‘n toekoms. Hulle rou en ek rou. Ek sit net minus die verwyt teenoor ‘n ander land of teenoor ‘n tangible enemy. En ek is bevoorreg, ek het ‘n ondersteuningstelsel. Ek het ‘n gesin waarheen ek en my dogtertjie kon terugtrek, hier is plek vir ons om ons eie nessie te hê- amazing ondersteuning van my ouers én skoonfamilie. Ek het ‘n amazing community, wat ons regtig tangible lief het. En dan is daar die gebede. Seriously, hierdie is undderrated: Ek leef op daardie gebede!


En in my bevoorreg-wees, suck dit steeds, maar dis draagbaar. En al voel ek dat ek my eie paadjie moet stap sonder vergelyking. En dit hét vir my toe later baie beteken om met iemand te praat wie ook ‘n groot verlies beleef het. Die ding is, ek weet nie wat normaal is vir ‘n rouproses nie. Ek het mos gesê dat dankbaarheid en realisme nie mutually exclusive events is nie, in teorie, nie heeltemal in my kop nie. Maar ek dink dis juis dit wat my met nog ‘n ekstra dimensie van onbekendheid gelaat het. Ek weet nie of dit net ek is wat oor iets wonder en of dit eintlik maar deel is van die proses nie. Want ek is dankbaar vir genade, en ek soek betekenis, en ek wil leef in vergifnis...


En daar tref dit my, selfs met al die veldblommetjies, die mooi fluff van my sin-maak; die sucky-ness bly, die realiteit verander nie. Ek mis sy hande en sy rug en sy nabyheid en sy lag, roomys op die gras, sy sing vir Smirna, ons idealistiese drome oor die toekoms en sy asem in my nek. En soos hulle sê, "no one is as honest as they are with their internet browser".

Uncle Google is die hedendaagse biegvader en soos die katolieke eeue terug saam die staat in die bed was oor intel, is dinge vandag nie anders nie.

[Skies, dis hoekom hierdie plek se naam Ompadgedagtes is, daars altyd ‘n rabbit hole of drie waarin ek verdwyn voordat ek by die punt uitkom en soms begin ek ook vyf keer by dieselfde punt, weer in 'n sirkel.]

Ek het goed begin Google wat ek nog nooit oor gewonder het nie, en genadiglik het ek ook iemand om mee te praat, want oor sekere goed soek ek seriously nie Google se opinie nie. Die are van my passievolle liefdeslewe is oornag oopgekloof, morsig, maar dis nie asof die bloed ophou pomp nie. En ek wonder nou vir die eerste keer, wat doen ander vroue? Is dit ooit iets waarmee enige iemand anders sukkel? Sekerlik? En daaroor het ek berus, dis maar ‘n grys area, maar ek berus dat die Here se genade groot genoeg is vir my om steeds in reinheid te leef! Mens se seksualiteit is seriously ‘n groot deel van jou identiteit en jou lewe, maar in dieselfde asem moet jy ‘n besluit maak watter identiteit vir jou die meeste gewig dra? (Die res van hierdie rabbit hole is gekarteer op 'n ander plek.)


Terug by die sub-punt van my punt… Ek het toe ‘n paar lyne en liedjies raakgeluister wat my laat besef het dat hierdie regtig ‘n universal ritual is, elkeen het maar net hulle eie experience vir die geleentheid. Almal gaan dood gaan, en hoe later jy dood gaan, hoe meer gaan jy in jou lewe rou.


Dis kunstenaars wat emosies so relatable kan skilder deur die regte kombinasie letters saam te skryf met gepaste akkoorde en instrumente wat die boodskap komplimenteer. My experience is pretty average- die intense emosies, die geen-emosie, die verligting, verwyt en berusting. Hierdie is my waardering vir die kuns in die werk van draaiboekskrywers, liedjieskrywers en musikante.


“For months (after his death) I’ve been teaching, reading… And in the middle of a conversation, I just couldn’t breathe. And the images, they come flooding in. Not of my beautiful son. Just what happened to him. How he ended. The fear, the terror he must have felt. My guilt. So many questions and never any answers. It’s like something shouting in me, trying to get my attention.”

Elliot en Angela se gesprek in episode 4.

So relatable!







So, before you go, was there something I could've said to make your heart beat better?

If only I'd have known you had a storm to weather…

So, before you go, was there something I could've said to make it all stop hurting?

It kills me how your mind can make you feel so worthless…

So, before you go was never the right time, whenever you called went little, by little, by little until there was nothing at all

Our every moment, I start to replay, but all I can think about is seeing that look on your face when you hurt under the surface, like troubled water running cold

Well, time can heal, but this won't…



We don't get to choose who we get to love or who it is we're gonna lose or what breaks our hearts in two, but no one really dies if the love remains, ‘cause nothing that dies really goes away.

See grief, it's just like glitter, it's hard to brush away. Bright light and it still shimmers like it was yesterday.

And it falls like confetti, all of the memories explode like a hand grenade. And it's sweet and it's bitter. Grief, it's like glitter

Oh, what a mess it makes.

Past denial and the rage, the what if and the praying on the hardest days -you accept what you can't change.




I wish Tracy Chapman was my friend She would know exactly what to say Beginnings always hide themselves in ends At some point, I will be okay

I got high when I met you I got high to forget you I feel pain, I don't want to But I have to, yeah, I have to

If I want to move on Move on





But there is a light in the dark, and I feel its warmth in my hands and my heart

Why can't I hold on?

It comes and goes in waves, it always does.

We watch as our young hearts fade into the flood. The freedom of falling, a feeling I thought was set in stone, it slips through my fingers -I'm trying hard to let go

It comes and goes in waves

And carries us away.


O wow, en natuurlik onthou ek die eerste keer, ‘n paar dae na Leendert se dood toe ek Memories in die mall hoor speel het… Luckily I am still breast feeding, so the drinks are not a temptation, but there is enough in every day that brings back the memories. So 'n vreemde ervaring wanneer jy 'n liedjie al geluister het, maar dis maar net 'n liedjie tot eendag wanneer daardie liedjie op jou van toepassing word.

En natuurlik het die kristal gebreek toe ek regtig geluister het na Laurika se Stuur groete aan Mannetjies Roux en besef het dat die oom ‘n brief gelos het… Ja, aanhoudende droogte in die barre Karoo en skuld en en en, is op die einde “hope deferred”, dit maak die hart siek en so 'n siek hart veroorsaak 'n gewoonte-optimis se dood op die end.


O hey, op die ou einde stem ek saam met the Lumineers It's better to feel pain, than nothing at all. The opposite of love is indifference.



Party mense rou en werk net harder, party word harder, party skryf, verf, komponeer, hardloop, drink, bid, slaap of doen net niks of gaan net aan. Maar dit bly 'n kuns.


As ek jou seriously nou moet oortuig... Onthou daai skildery wat kontemporêre abstrakte kuns is, wat na niks lyk in die drie primêre kleure? Dis miljoene werd!




Recent Posts

See All

Comments


bottom of page