top of page
o-3.png
  • Writer's pictureClarina van ieperen

gesluierdes

Afgan dogters; ongeletterd, ongepoets, verwond en misbruik. In hul skerwe skyn daar lig triomfantlik met ewige krone verwerf deur vergifnis en begenadigde gehoorsaamheid.

Hul liggame, reinheid, aansien, sekuriteit, hul alles van alles - uitgegiet, uitgeskud, krummelleeg voor ‘n Heer in Sy nederige heerskappy wat alles werd is.

Hulle het skatte...


Ironies dat hul liggame onder rolle lap verpak word

en steeds

versondig mans hulle siele deur dogters soos slaghuis steaks te sien en besmet.

Dwelm-depressie dreineer siele tot satansdood; die keerpunt is Christusgenade, dood vir die sonde en lig in die lewe.


Op ‘n ander kontinent kontrasteer vroue vryheid met regte in opstand teen die skimme van onderdrukking, verloor hul godvresenheid vir wêreldse woede teenoor testosteroonaggressie. Begenadigde baarmoeders pleeg genademoord agter die sieklike masker van vryheid van keuse - vertrapte tone onder die glasdak van geldvergryptheid.

Die geslaglose ditte werk soos masjiene in ‘n reptielmaraton na nêrens sonder enige begrip van MARANATHA!


Ons skoonheid maak seer, vervloekte pyn, swaarde deur siele…

Die Goeie Nuus transformeer Martha-werke tot Maria-rus.

Hy maak ons vrou. Hy maak ons Bruid.


In Sy wonde alleen is daar iets om te verTROU.


https://www.youtube.com/watch?v=9SAPOLKF59U&t=68s


Recent Posts

See All

Toe sig

Comments


bottom of page