top of page
o-3.png
  • Writer's pictureClarina van ieperen

Jou rou vrae vir agt maande.


Eendag was ‘n kind in my klas regtig ontsteld met my. Mompelend is sy toe by die klas uit en die klas-klikkie kom verontwaardig terug en rapporteer, “Juffrou, sy sê juffrou is rou!” Ek was amper opgewonde oor haar emosionele intelligensie, maar terselfdertyd teleurgesteld met die taalkundigheid. Ek rou (werkwoord) ja, maar ek is nie rou (selfstandige naamwoord) nie. Later lei ek af dit was ‘n belediging van een of ander aard...

En die beskrywing het my bygebly…

Mense kan rou wees, onafgerond of ondeurdag.


'n Paar rou vrae het my kant toe gekom:


“Is jy nie te jonk om ‘n ma te wees nie?”

“Waar is jou man?”

“Hoe is jou man dood?” “O, shame…”

“Dink jy, jy is al reg vir ‘n nuwe verhouding?”


Dit sou nogals erg gewees het as al hierdie vrae vir my in dieselfde gesprek gevra is, want elkeen van hierdie vrae op hulle eie, op ‘n slegte dag is alreeds uitputtend genoeg! En elkeen van hierdie vrae, hoe onskuldig die bedoeling mag wees, druk ‘n paar knoppies!


“Is jy nie te jonk om ‘n ma te wees nie?”

Daar’s baie dinge wat jy van my kan dink, maar sedeloosheid is nou werklik nie een van daai dinge waarmee ek geassosieer wil word nie!

‘n Vrou het dit vir my gevra toe ek ‘n besoeker was by hulle kerk. Natuurlik het sy nie bybedoelinge gehad nie en ek het toe maar net so lag-lag opgemerk “Ag, ek is dankbaar as ek my 27 lewensjare so goed dra dat ek nog soos ‘n jong student lyk.” (Sy het definitief nie naby genoeg aan my gestaan om die kroon grys hare te sien nie!)


Eintlik gaan dit mos nie oor die ooglopende opmerking nie, maar oor die backstory - the history attached to the struggle in my heart…


‘n Maand na Leendert se dood het ek gewonder “Wanneer hou ek op om my ring te dra?” Dit voel asof ek dit nie net kan afhaal op ‘n random Dinsdag in Herfs nie. Dit was so ‘n proses en ritueel om dit aan hierdie vinger te kry, dit voel asof daar ook ‘n proses moet wees om dit af te haal. Ek het toe ‘n vriend gevra wanneer sy ma haar ring afgehaal het. “Wel, die dag toe my pa oorlede is. Clarina, as jy jou ring wil afhaal, haal dit af.” “Maar ek wil nie, ek is eerder ‘n weduwee as ‘n ongehude moeder.” “Nou hou dit aan dra.” “Maar ek wil nie. Ek is nie meer getroud nie!” “So jou probleem is eintlik dat jy worry oor wat mense van jou gaan dink - mense wat jou nie eens ken nie!”


En toe vra my broer ook vir my van wanneer af worry ék wat mense van my dink… En die waarheid is, ons almal worry seker oor iéts! En hierdie is my iéts.


Op die dag wat ses maande gemerk het, het ek toe my ring afgehaal. Ek was angstig, ek het besluit om dit aan my regterhand te dra. Ek het dit heeltemal afgehaal toe ek in die Kaap was - hoeka ‘n dag of wat voor die tannie my daai vraag gevra het. Dit was toe die proses wat ek nodig gehad het.


“Waar is jou man?”

Een naweek kuier ek by my Hartsvriendin en haar man. Dis Somerfees en Smirna is haar 15-maande opgewonde self, héél dag lank - sy maak nie ‘n oog toe nie! Teen die aand toe dit groot makietie en steak-ete is, is ek naby trane oor die stand van mejuffrou overstimulated-social butterfly se sake. Ek mis my tag-team co-parent! Ek wil nie myself huistoe verskoon nie, want ek mis hierdie tipe normale jongmens-interaksie so baie! Ek wil net voel iemand is saam met my in hierdie bootjie…

Teen die einde van die aand kom sit daar ‘n man regoor hierdie uiters hangry, moeë, emosioneel vlugtige ma met ‘n kloppende hoofpyn en daar gaan iewers ‘n file in die archive oop maar ek weet nie watter ene nie. Hartsvriendin leun toe oor en fluister, “Laat hy jou nie ook aan Leendert dink nie?” O my aarde… Daar het die file 100% ge-load… Leendert! En ek sien dit vir die eerste keer! Die mannerismes, die liggaamstaal, die micro expressions, die selfvertroue, die charisma, die kyk, die besprekingspunte van sy gesprekke, alles… Ek freak in my hart uit! My oë bly vasgenael. Dis soos déjà vu, maar nee dis nie dit nie, want ‘n dokter van Cleveland kliniek sê “Déjà vu is caused by dysfunctional connections between the parts of your brain that play a role in memory recollection and familiarity.

Definitief nie dit nie.

Dit voel meer soos reïnkarnasie, in ‘n ander blonde man, 15cm langer en 15kg ligter.

Dis ook nie dit nie, reīnkarnasie is onbybels, but you catch my drift.


En wrintie hier vra die man toe later, “So, as Hartsvriendin, Hoofseun se vrou is, waar is jou man dan?” Na ‘n oomblik se ongemaklike stilte rondom die hele tafel antwoord ek maar net “My man is… dood” (Na al hierdie maande het ek nog nie ‘n polished antwoord op so ‘n vraag nie.) Meneer die spreker is natuurlik uiters ongemaklik, vra om verskoning, probeer met alle mag die situasie meer gemaklik praat, maar maak dit net erger. En teen dié tyd is ek nie eens verbaas dat ek in hierdie situasie is nie, dis presies iets wat Leendert sou kwyt raak en dis presies ook op hierdie manier wat Leendert die situasie sou probeer red. En daar besef ek toe, dit was effens lekker om so ‘n ‘besoek uit die verlede’ te hê, maar daardie era is verby. Ek wil nie ‘n plaasvervanging vir Leendert se persoonlikheid hê nie. Om dit meer duidelik te stel.

I don’t want to replace this place in my heart.

Leendert se gaatjie sal nooit vervang word nie. My toekomstige man het sy eie plekkie in my hart met eie reg en op eie meriete.


“Hoe is jou man dood?” “O, shame…”

Hier is nou vir jou raad om jou emosionele intelligensie op te skerp, namens al die weduwees, wewenaars, ag sommer almal wat al by ‘n oop graf gestaan het.

As ‘n persoon vir jou vertel dat hulle iemand aan die dood afgestaan het, hou jhy jho bêk van hierdie vraag af! As dit nie vanself uit die gesprek spruit of die treurende vertel vir jou uit hulle eie nie - dan het dit absoluut zigalo met jou uit te waai om daaroor uit te vra! Dis slegte maniere om so iets te vra. Dit val in dieselfde kategorie as om vir iemand te vra wanneer gaan hulle met ‘n gesin begin of om kommentaar te lewer oor junior nommer 3 wat in jaar 4 van ouerskap sy afwagting maak.

Maak nie saak hoeveel keer ek van die dag in Februarie se gebeure vertel nie, daar bly tog elke keer ‘n mate van trauma wat herleef word, alhoewel die edge al af is. Ek het al gewonder of dit verskoonbaar sal wees om te lieg en vir Jan alleman met die twyfelagtige EQ te sê my man is in ‘n ongeluk dood. En dan… neh as iemand hoor ‘Selfmoord’ en hulle raak teologiese bullshiet kwyt dat die sesde gebod nou die onvergeefbare sonde geword het, dan wil ek mos prontuit ongeskik raak…


En dan vir die groot wenner-vraag:

“Dink jy, jy is al reg vir ‘n nuwe verhouding?”

Hierdie vraag kom nou meer uit my binnekring van dié wat besorg is oor my en die guts het om dit te vra. Seker met goeie reg, hulle ken my journey, die aande van verlang, die eensaamheid, die widows burn. Hulle ken my swakhede en my minder saintly besluite wat ek nie ag as oordeelsfoute nie. En tog druk dit steeds ‘n knoppie! Wat weet enigiemand hiervan wat nie ‘n weduwee of wewenaar is nie?

Ek stem saam, sekere beginsels vir die aanknoop van gesonde verhoudings na ‘n vorige een staan vas, maar die dieper issue is iets anders:

Measure the journey of grief by the process itself, not by lapsed time!

Daar gaan nie iets magicals gebeur as ek myself uit sosiale situasies hou, myself toesluit en teen die tweede kalender jaar uitlaat nie. Die genesing lê nie in die tyd wat verloop het nie. Die genesing lê in die proses wat mens moet deurgaan. Die proses van genesing in ‘n spesifieke area kan ‘n dag-blokkie op ‘n kalender opneem, ‘n 7-dag rytjie, ‘n hele bladsy of selfs ‘n paar jaarbeplanners. Daar ís sekere prosesse wat mens moét deurworstel, maar dis nie te sê dat ‘n weduwee van 4-jaar al deur dit gewerk het nie. Dis elkeen se eie journey en die persoon wat rou se mental en emosionele teenwoordigheid in die proses speel ‘n groot rol in die hoeveelheid sand waarmee hierdie uurglas gevul word.

Om dit anders te stel… Watter voornemende ouer voel gereed vir koliek en kindersiektes as hulle vir baba nommer-1 se eerste scan gaan? Niemand nie!

Jy met ‘n liefdevolle huwelik en ‘n ‘stabiele’ inkomste, se vlak van gereedheid sal dalk hoër wees as die tienermamma wat nog matriekeksamen moet skryf. But let me tell you, you both are clueless! En wanneer die koliek en kindersiektes kom kry jy genade en wysheid van Bo, wifi om te Google en ‘n ouma om te bel, and then - you do what needs to be done.


Net so dink ek verhoudings in ‘n post-marriage mileu bly maar uncharted waters. Daar mag dalk net meer onstuimige tye en meer gepaste tye wees vir ‘n nuwe verhouding en dis wys én noodsaaklik om hierdie verskillende seisoene te kan onderskei.

Ek dink hierdie vraag druk ook ‘n knoppie, omdat ek voel dit kom soms uit ‘n plek waar daar alreeds ‘n paar aannames gemaak is en dat ek my posisie in my rouproses moet verdedig en verduidelik. Ek het al ‘n paar weduwees ontmoet en wat ek kan sê, elkeen van ons se journeys verskil sosin crazy. Jy kan nie aanneem almal is goed agter gelaat, almal is in sak en as, of almal huil nagte om, of almal het die rouproses in dieselfde volgorde deurgeleef nie.


Ek weet nie wat die skaal van ‘gereedheid’ in my guns sal laat kantel nie, maar wat ek wél met sekerheid kan sê is:

Ek glo nie dat ‘n verhouding in my lewe suksesvol aangeknoop kan word sonder die Vrede van die Heilige Gees nie. En in ‘n seisoen waar dit minder gepas en meer ontstuimig is, glo ek dat die Heilige Gees my ook daarvan sal oortuig en vrede gee.

My reis oor die post-huwelik-liefde/verliefdheid-onderwerp het in die Winter vakansie baie onvoorsiens begin. Ek het ‘n man ontmoet tydens ‘n familiewegbreek wie in my reis van verlies gedeel het. Hy het sy pa verloor wie ook sy confidante en mentor was. Dit was die eerste mens met wie ek poskaarte van my reis kon deel en wie dieselfde pitstops herken het. Dit was bevrydend om in iemand anders se reisverhale te kan deel en om my bevoorregte posisie in die Here se genade te besef. Ek het ook hoop gekry deur te sien hoe sy ‘stiefpa’, sy nuwe pa geword het en sy ma se nuwe beminde.

Meer as dit, ek het myself in die Uncharted waters bevind.

‘n Man het op my verlief geraak? Op my, ‘n weduwee en ‘n ma? Ek onthou nog my woorde “Ek is so jammer, wat het ek gedoen?” “Jy’t niks gedoen nie, jy was net jouself.” Dit was so ‘n bemagtende ervaring gewees. Ek was so dankbaar vir hierdie man wat later ‘n vriend geword het, maar wie in daardie rowwe waters, die emosionele intelligensie gehad het om sagkens met my broosheid om te gaan.

There was a gaping black hole ripped open in my chest, and I wanted it to be filled!

En ek het gewéét ek mag nie, kan nie, moet nie -nie nou nie en ook nie op hierdie manier nie.

Ek het nie op daardie skip geklim nie, maar die skip het ook nie gevaar nie, hierdie skip het verander in ‘n bus. Vanuit hierdie eerste interaksies wat ‘n sekere lading gedra het, het ‘n gemaklike en veilige vriendskap ontwikkel wat geoorloof is tot vriendskap alleen.


My Winter-vakansie ervaring het my toe op ‘n baie snaakse manier weer in kontak gebring met ‘n vriend met wie ek kontak verloor het. Hierdie vriend was glad nie bewus van die plot twist in my lewe. Ons geselsies het my uitgebring by ‘n konferensie wat ons saam bygewoon het op ‘n Lente-naweek in Johannesburg. My eerste naweek sonder Smirna- dit was huge. Ek het nie geweet ek sal weer tyd saam met iemand so baie geniet en dat ons saam-wees sal voel soos ‘n ingeleefde handskoen wat pas nie. Daardie naweek is ‘n baken van groei vir my waarna ek kan terugkyk. Dit is ‘n baken van hoop vir die toekoms, dit herinner my dat hierdie gevoelens weer moontlik is. En dit merk ook die draaipunt waar ek weer ‘n begeerte het om in ‘n verhouding te wees, sonder daardie gaping black hole waar ek als van Leendert mis en dít net wil toestop.


Ek is ook herinner aan rigtingwysers van Waarheid en kleinletter waarheid vir my seevaart in die uncharted waters van dating-as-a-widow:

1- Seks is heilig, jy mors nie daarmee nie. Maak nie saak of jy nie meer ‘n virgin is nie.

2- Leendert se wysheid is steeds van toepassing “Na 23:00 gebeur als vanself.” Moenie jouself in stupid situasies bevind nie.

3- Unequally yoked - never an option!

4- Onthou jou waarde en outoriteit in Christus! (Leendert se liefde het my beter gemaak, meer volwasse gemaak en my meer bewus gemaak van my waarde en outoriteit)

5- Moenie dinge kompliseer nie, maar luister vir die Heilige Gees.

6- Jakobus skryf “Consider it pure joy… when you face trials…Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.” Ek is nie ‘n stukkende of halwe mens omdat ek ‘n weduwee is nie, inteendeel hierdie trials maak my meer mature en complete in Christus.

Die kwaliteit huwelik wat Leendert met my gehad het is ‘n belegging vir my toekomstige man se huwelik!


Hierdie wenner-vraag wat ook rou status het, herriner my ook: ek het die voorreg om vriende te hê wie vir my omgee en my herinner aan die godly-standard wat ‘n verhouding moet hê. Ek is ook dankbaar dat die Here my seën met community soos Hartsvriendin en Hoofseun, wie saam met my op reis is- op hulle eie parallelle treinspoor langs myne. Ek is dankbaar vir die tribe, die weduwees wat my omring met getuienisse, wie se sitkamers vir my oop is en wie op speed dial is vir babysitting. Ek is uiters dankbaar vir my ouers. My ondersteuningsnetwerk, die kokke, die laundry-house, my bewys van adres en co-caregivers. Ek is dankbaar dat ek ‘n werk kan hê wat genesend is vir my siel. Ek is dankbaar. Maar ek was ook al kwaad, smoorkwaad, vloekend, swetsend in a fit of rage. En ek is daar deur… Ek het die mense vergewe wie se optrede, doelbewuste woorde en sonde bygedra het tot Leendert se hooploosheid. Ek was al verlig oor die uitkoms, die verligting van lyding. Ek het al skuldig daaroor gevoel en toe ook nie meer nie. Ek het al perspektief gekry en oor sekere dinge geen perspektief nie en ook daarin berus. Ek het myself al nagte aan die slaap gehuil oor die gemis van die verlede, ek was al angstig oor die onbekendheid van more en oormore en die dag daarna. Ek het al uitgetap en weer terug getap in die proses. Ek het al te moeg en swak gevoel om Bybel te lees, vir weke… En dan weer by die Here gaan wegkruip. Ek het al die verlore toekoms gerou en ook by ‘n punt gekom om weer hoopvol te wees en ‘n dryf gekry om die lewe te lééf!


Mourning happens in waves, like the eb and flow of the sea. You cannot resist the flow- it will hurt you, you cannot be passive- you will drown. Just be present in the process, know when to ask for help and know when to take your breath.


Ek is deur sekere prosesse, ek is nogsteeds midde in sekere prosesse…

Daar kom nog insidente waar die magteloosheid getrigger word, die weerloosheid en die absolute frustrasie van alleen-wees. Maar die triggers kan net edge verloor as dit deurgeleef word.


Die afgelope 8 maande was rou, ek was soms gaar, ek voel deesdae chilled.


You are never sure what will be served on the menu of mourning, but you can be sure it will be a buffet, but keep your spoon for dessert- the best is yet to come.





Recent Posts

See All

Comments


bottom of page