top of page
o-3.png
Writer's pictureClarina van ieperen

Mylpale in 'n neutedop

Die inskrywing volg op Februarie se rou-gedagtes indien jy dit nog nie gelees het nie.


Maart 2023

Ek het maande laas regtig gesit en skryf… Dis makliker om te skryf oor goed wat met mens gebeur en die impak wat dit het op jou buitewêreld. Dis ’n totaal ander ding om te skryf oor die reaksie in jou binnekamer- die sondige natuur en die rouproses oor die beeld van jouself. In die afgelope 5-maande het daar monumentale skuiwe gebeur in my binnekamer: teleurstellings, introspeksie, hospitalisering, rus, oorlewing, feesviering- die hele spektrum van emosies!


As ek na die Life-Change Index kyk is ek veronderstel om moer-toe te wees, die boonste threshold is 300, ek score ver bo 700 vir die afgelope 2-jaar. En tog voel ek nie so nie, life happens, it is still happening, get used to it. As ek daarna kyk uit ’n objektiewe perspektief het ek wel meer empatie met die hoofkarakter in die gevallestudie.


Ek sit in die Kaap, oor twee dae sit ek by nog ’n begrafnis. Nog ’n slagoffer van selfdood. Nog ’n familielid… Ek het die naweek die eerste keer die guts gehad om ’n deel van my community te face.

As ek iemand sien en ek moet ’n 5-minute update gee, verloop dit min-of-meer so…


Dis ’n jaar later, ek is nog nie helemal oor dit nie. Ek het vir ’n tyd lank die praktiese implikasies gerou en die lewenstylaanpassings gemaak. Dit was ’n diepe proses en ’n her-proses wanneer ek nuwe brokkies inligting ontdek en weer die legkaartstukke op die tafel moet herrangskik om sin te probeer maak. Ek sit met ’n huis vol glasbotteltjies met vraagtekens in, meestal is ek tevrede om net na die botteltjies te kyk, dit blink te vryf en netso op die rak te los en nie oop te draai nie. Sommige kere is dit maar nog ’n wilsbesluit om die vraagtekentjies in die bottel terug te boender en dit te laat staan. It is a year since the mourning cascade triggered… Dis nie ’n jaar ná my trauma nie, dit so ’n komplekse rou-proses, it is a developing story and each new element of the story needs to be proccessed and mourned.

Maar nou, na ’n jaar het ek ontdek wat die verwonding is in my siel. Die impak op my wêreldbeskouing, die manier hoe ek sin maak van die wêreld rondom my. Ek was in ’n kliniek, psigiatriese instelling, psigiatriese hospitaal, mental-health retreat- whatever you are comfortable calling it. En die groot rede was dat ek nie myself verstaan het nie, ek het nie my rouproses verstaan nie, ek het so vasgevang geraak op x2 zoom modus dat ek tred verloor het van die groter prentjie en die normaliteit van my emosies en responses. Ek het verstrengel geraak in my ‘weduwee-identiteit’. Ek het nie geweet hoe om die skudding rondom my seksuele identiteit te hanteer nie. Ek het nie die gereedskap in my mental-health toolkit gehad om die hede aan te pak nie. Ek het besef dat ek ’n trust-issue het- dat dit so moeilik is om regtig te vertrou.

Is mans se intensies dit wat op oogvlak voorgehou word?

Wat as iemand net besluit om weer uit te tap?

Die dating scene is scary.



 

24 Februarie was my beste vriendin se verjaarsdag, hulle het vir Smirna geselskap gehou en ek het daardie dag Bloemfontein se middestad aangepak om Leendert se boedel aan te meld- na ’n jaar. Dit was een van daai dinge wat aanvanklik nie nodig was nie, want ons besit niks en skuld niks… Maar bankkostes is soos dood en belasting - onvermydelik, die enigste manier om dit verder te vermy is om dood te wees en ’n boedel aan te meld.


Dit was ook my beste vriendin se babatee, ’n geleentheid wat my sovéél energie en inspirasie gegee het, en ook my grootste escape was om besig te wees om nie die seer in die oë te staar nie. Om die gebeure van 52-naweke terug in die oë te kyk en te voel… Dan om alleen terug te ry van Bloemfontein af, om alleen by ’n stil huis aan te kom, alleen te gaan slaap en alleen op te staan en te wéét, vandag kyk ek myself in die oë. Ek kyk terug, ek kyk vorentoe, maar bowenal moet ek kyk- vir myself in die nou. En ek weet nie aldag wat om te maak met wat ek binne my sien nie. Maar met ons Sondagoggend-ontbyt, het die Here tot my hart gespreek...


Die Maandag is ek skool toe - optimisties- ek is fine, uhm, medium fine. Ek is herinner aan ’n idee wat ’n vriend gehad het, nadat ek weer oor die terugflitse gepraat het- dalk moet ek teken wat ek onthou. In ’n dubbel periode het ek nie veel om te doen terwyl die kinders werk nie en ek wonder hoeveel ek kan onthou. Ek begin te teken en ek moet kort-kort my oë toemaak om die visual cues te raadpleeg- ingeëts in HD met kleur. Ek het die deur op ’n skrefie oopgemaak en die watermassa het dit oopgebreek. Kollega stuur my huis toe en ek teken verder. Dit was soos ’n foto geteken, elke detail presies soos ek dit onthou. Die stofvoetspoor, die ligstrepe, die plante, posisionering- als. Dit was ’n meesterstuk, behalwe die feit dat ek haat wat ek sien. Ek haat dit! Maar ek is verknog. Ek kan dit nie laat gaan en verbrand nie. Ek teken nog ’n prent, die hande wat hom vashou op ons troudag- dis ’n volsirkel.


Ek het nog nie my selfoonnommer terug nie, so ek mis al die oproepe en bemoedigings op dié dag, ek weet mense gaan bekommerd wees en ek kan niks daaraan doen nie.

Ek hou skool, Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Vrydagoggend wag die ergste vlug van my lewe op my met my ore wat toeslaan iewers oor die Karoo, later gaap ek, draai my kop onderstebo, ondergaan ’n ruiltransaksie met Smirna om haar dummie te kan suig terwyl ek stokdoof sit en huil van die pyn.


Ek is in die Kaap vir my swaer se troue- dit was memorable. Ek dink weer terug aan ’n kind se opmerking toe sy hoor ek gaan troue toe- na Leendert se boetie se troue.

“Maar juffrou, hy is mos dood, is julle dan nogsteeds familie?”

Die onskuld van ’n kind- asof baie grootmense dit nie ook dink nie… By die troue het iemand dit ook eerlik opgemerk, "Ek het nie verwag om jou hier te sien nie?" Ek laat hulle begaan, dis ongekende waters vir ons almal. Dit was kosbaar en vreeslik om al die familie te sien, die oorsee-familie het ek laas gesien met skoonsus se troue toe ons nog net gekys was- hulle ken my en Leendert nie as getroud nie. En nou lyk die prentjie só. Dit was vreeslik.


Die kosbare deel is dat hulle regtig belangstel en regtig moeite doen en ons regtig ’n verhouding gebou het, maar dit beteken ook dat hulle regtig wil weet hoe dit met my gaan, en daardie deel was regtig uitputtend. Die troue self was ’n sprokiesmooi fees. Ek het myself voorgeneem om emosies net vir ’n rukkie te stall. Ek wil elke oomblik geniet, ek wil die mooi absoluut indrink. And have I!





Dit was ’n fees, Smirna is ’n sosiale vlinder en ons was omring deur liefde en omgee. Ek het ’n interessante ervaring gehad tydens die onthaal. ’n Ou het homself voorgestel en nie besef ek herken hom van ons saam-swot dae nie.

Hy vra my drie vrae:

“Hoe hanteer die lewe jou nou Clarina?” Blah,blah,blah. Ek het nie 'n probleem om te praat nie.

“Is jy nou in die dating game?” O,wel… Sjoe… Uhm… Ja, seker maar dis nie so eenvoudig nie. Blah blah blah “Al wat ek wil weet, is jy fair game?” Uhm, ek weet nie presies wat dit behels nie, maar seker?

En dan vraag drie “Is jy soos diep in die kerk?” Na ’n rukkie van definisies uitklaar dink ek hy het tot sy gevolgtrekking gekom, ek is te diep na sy sin. En verskoon hy homself na die kroeg. Absurd.


Ek het my lewe op die ouderdom ingedink met mediocre huweliksprobleme oor onderbroeke op die vloer en swanger met kind nommer twee, nie met random dating absurdities op jou swaer se troue nie - alhoewel dit die aand vreeslik snaaks gemaak het. Ek kuier tot na 01:00, kom rondom 02:00 in die bed, moet 09:00 lughawe toe ry nadat ek al ons stuff in vliegtuig-appropriate luggage moet kry. Die oomblik toe ek deur die veiligheidsdeure gaan en ’n emosionele skoonsus agterlaat met hopeloos te veel handbagasie vir ’n enkelma en ’n lyfluis-kleuter, terwyl ’n questionable kopseer tussen my oë klop wat ek skaars kan oophou- het dinge nogals much geraak. Die angs het my net beetgepak en what am I to do, other than marching on? Ek kan nie enige bal op die grond laat val nie, daars nie spasie of tyd vir ’n meltdown nie!

Meneer strooijonker se vlug was darem om-en-by dieselfde tyd en kon my ’n helpende hand gee. Terwyl ek sit en huil in M&B en hy die Disprins gaan soek, het ’n man my gesien en met meneer Strooijonker se terugkoms vir hom ’n servet gegee. Daar staan ’n boodskap op geskryf wat toe min of meer lui “To you and your beautiful family…” “Ai” sê meneer Strooijonker, “as hy maar net geweet het.” Na die Gees-geleide servetboodskap stuur ek ook ’n servet-reply. “Thank you for your encouraging message. I just came from my late husband’s brother’s wedding and it is overwhelming to travel alone, but yet again the Lord has provided someone to help me with the load ...”


En dit is so- die Here gaan vooruit en voorsien vir my, nog elke liewe keer. Meneer Strooijonker het eintlik heeltemal oorgeneem en gesorg dat ek op die vlug kom met 4 Disprins en ontbyt in my lyf. Ek het daardie Sondagaand 21:00 by die huis gestop, reg vir Maandag se skool. Maandag het Smirna met ’n koors wakker geword wat my uitgeput het, oppad skool toe het sy skoon weer aan die slaap geraak. Die middae was lank met ekstraklasse. Dinsdag was die rustigste dag van die week, dit was normaal en net mundane skool goeters wat my aandag in beslag neem.


Woensdag vra boetie se meisie wanneer presies ons kom vir sy 21st. Hy het besef die beste tyd daarvoor is die langnaweek, oor ’n paar dae en nie oor die vakansie soos die home-bound geselskap gereken het nie. Woensdag bel ek vir moederhen en gee net terugvoer. "Ma sal verlof moet insit, ons moet Vrydag Kaap toe." Ek begin rondbel vir 'n venue en reël slaapplek vir ons 5. Die aand het ek ’n baie intense gesprek of twee met vriend en met die terugkoms is ek weer uitgesluit en ek staan voor die deur en voel soos ’n 14-jarige wat laat is vir die klokreël.

My foon connect met die wifi en ek sien missed calls en ’n boodskap- Leendert se tannie het vandag selfmoord gepleeg.

Dit voel of als draai…

Seriously!!!!

Slegs dae na die samesein van die troue.

Flippit!

Ek gaan outomaties in rage-mode vir baie redes en geen rede.


Vandag is Woensdag, ons ry Vrydag en dit beteken ek moet al my assesserings oor 'n paar uur klaar afgehandel hê!

Ek is weereens oppad Kaap toe.


My beste vriendin se baba is gebore, hy het dieselfde danspassies as Smirna gehad en op sy sy gedraai en is die harde lewe in met die emergency exit. Ek is oorstelp met pasgebore-babavreugde!
















Die aand ry ons deur donderstorms en ek vang ’n vloekskoot van ’n bliksemstraal vas op video, nader as 100m en oombliklik met klank. Dit was presies soos in my nagmerrie vroeër die week, behalwe dat die bliksemstraal in die droom my gevolg het soos ’n tornado oppad na ’n houthuisie. Ek sit nie lank genoeg stil om te veel hieroor te kan prut nie.


Na die feestelikheid van Maandag is ek poegaai, ek skrop en stof af en is uitgeput

(het ek dit al gesê?) Maar dit was die uiterste moeite, werd! Dit was besonders en baie spesiaal! Die meeste van die week word opgeneem deur verlengde slapies en vinnige kuiertjies. Die naweek is daar toe ’n Aussie wat aan die suidpunt van Afrika verloof raak en ons kan dit ook saam vier… Ek sien vir die eerste keer in 18-maande kans om weer in die kerkgemeenskap my voete te sit. Dit was makliker as wat ek gedink het, tog moeiliker ook. My ander vriendin deel die nuus van swangerskap nommer twee en ek het soveel vreugde in my hart vir hulle. Die volgende week gaan stadig, met langsamerhande stappies onder antieke bome saam my liefste little lady en niggie. Ons besin oor seisoene en verhoudingslesse.

Mense vra of is ek verlief… Ek weet nie? Is julle in ’n verhouding? Definitief nie, maar dis die persoon wat ek elke aand bel en van my dag vertel. Dis die persoon wat bo-aan my chats bly hang. Hy stuur vir my blomme. Hy sê ek is ’n commitment-phobe. En ek sê I cannot confirm or deny. Ek voel nie meer gepressure om iets te wees nie.


Die week was ook die begrafnis van onse tannie, ek het die hele dag saam die familie spandeer, en dit was goed. Ek het net voor die begrafnis my sielkundige opvolgsessie gehad - so in time!


As ek terugkyk oor hierdie 5 weke het ek te doen gehad met elke groot lewensmylpaal en viering.


Daar was ’n babatee, ’n troue, ’n sterfte, ’n geboorte, ’n 21-ste verjaarsdagviering, ’n verlowing, ’n swangerskapaankondiging, ’n begrafnis en ’n vriendskap op die rotse…

Life - what a story!


Recent Posts

See All

コメント


bottom of page