top of page
o-3.png
  • Writer's pictureClarina van ieperen

Optima(al)

Ek sê dit sommer aan die begin…

Ek was opgeneem in die hospitaal.

En dis nie Mediclinic of Life of so ‘n tipe hospitaal nie…

En skip eerder die post as jy ‘n sekere 😇 idee van my wil behou .


Intussen het daar weer baie verander. Hierdie is 'n throwback na my space in Desember 2022:

 

Vir die eerste keer in 18-maande het ek vir langer as 4-ure aaneen geslaap. Dis die eerste keer dat ek vir so lank weg is van Smirna en alleen in 'n bed slaap. Dit haal mens in, veral as jou lewe op sy kop is en boonop afspeel in die kafeïen-vrye sone. Die afgelope tyd was ek distracted van ware introspeksie, ek het myself verdrink in besig-wees. Die besig-wees was nie die probleem nie, eerder die feit dat ek nie tyd gemaak het vir introspeksie en stilword nie.

En soos dit gewoonlik gaan as ek die stilte wil uitdoof, die Here praat harder en ek droom oor die saak.

Die Droom

In die droom staan ek voor ‘n gebou en ek praat met ‘n man. Een van daai ‘intentional conversations’.

Meteens kom Leendert uit die gebou gestap, af met die stapel trappe, al in my rigting.

My kop maak split-sekonde voor-en-teen argumente…

Als binne-in wil net na hom toe loop. My kop sê vir my dis absolute onsin,

"Clarina, hierdie is nie eens real nie! Jy gaan letterlik iets wat so mooi potensiaal het in die drein afspoel as jy jou rug draai op hierdie gesprek en agter Leendert aanloop."

Ek kon myself net nie keer nie, ek kon net nie. En daar loop ek. Dit was soos ‘n magneet se twee pole.

It was a law of nature!

Hoe nader ek aan Leendert kom, hoe verder bly hy buite my bereik.

En hy lyk so gelukkig, hy het soveel vreugde en hy sien my nie eens raak nie- he does not even acknowledge my presence or my struggle. Dit het letterlik gevoel asof hy aanbeweeg het en ek is nogsteeds op presies dieselfde plek. Dit het my gebreek… Al die vorige kere wanneer ek van hom gedroom het, het hy my kom soek en nou het hy aanbeweeg.


Ek val op die grond neer en skree histeries agter hom aan…

Ek skree asof my gille deur die gismas en dimensies van geskepte tyd kan breek totdat dit in sy skedel weergalm:

“LEENDERT!!!

LEENDERT!!!

LEENDERT!!!

EK WEET NIE HOE OM JOU TE BEGRAWE NIE!”


Ek het wakker geskrik- dit was surreal, hartkloppings en al. Ek kon dit nie afgeskud kry nie en ek het 'n paar liggies op my dashboard sien flikker -die gevaarliggies! Daar is ‘n stuk waarheid in die droom en ek moet dit uitsorteer en vinnig ook, want ek kan sien hoe ek besig is om groot nonsens aan te jaag.


Daar was ook 'n paar laaste strooihalms wat die donkie se rug geknak het… Dit was ‘n warboel-naweek, ek was weer op Franshoek. Die laaste keer wat ek daar was, was met my boetie se troue en Leendert was daar in sy element. Net na my Franshoek besoek het ek ‘n groot vertrouens-teleurstelling ervaar en ek en ander boetie het ‘n earth-moving conversation gehad. Die dag daarna het ek ‘n belated verjaarsdag-date gehad. Crazy rollercoaster of emotions… Genadiglik het ek mense rondom my wat my flikkerende dashboard-liggies ernstig opneem en ek is toe Dinsdag-oggend oppad Bloemfontein toe.


Optima is ‘n groot seën.

Die Here het die sielkundige en psigiater met die hand uitgekies vir my.


Met opname vra die verpleegster vir my:

‘Het jy enige gedagtes om jou lewe te eindig?’

"F*k, nee tannie!

Ek is hopeloos te lus om die lewe te leef, die lewe moet gelééf word, ek gaan nie die duiwel so sy sin gee nie. Dis juis hoekom ek hier is, ek kort bietjie time-out. Ek is regtig moeg. Tot nou toe het ek gevoel dat ek die nodige tools in my toolbox het om sin te maak van als, maar ek weet nie of ek nou reg rou nie. Ek het nou nodig om met iemand buite my kringetjie te praat en vir my ‘n ander perspektief te gee."


So obviously, die ‘reg-rou’ comment is actually ridiculous, but that was how it all went down. Ek het hierdie einste vraag vir meneer Psigiater gevra, hy was die ‘moenie-als-in-die-lewe-so-ernstig-opneem-nie’ tonic vir my gewees.

"Die enigste manier om reg te rou, is om te rou met selfrespek. Jy moet die vermoë behou om te kan herken en erken wat jy nodig het. En moenie aan die illusie vasklou dat jy klinies kan rou nie. Daar bestaan nie so iets nie, en net omdat dit morsig is nie, beteken nie dat dit nie reg is nie."

Rou is ‘n proses, maar dis nie linieêr nie. Jy gaan nie dash van denial, anger, bargaining, depression and acceptance in ‘n sekere tyd nie. Dis meer soos ‘n siklus en daar is duisende klein sirkeltjies in hierdie siklus. Jy mag dalk ‘n deel van jou verlies al aanvaar het waar ‘n sub-tema in daardie ‘deel’ nog midde ‘n morsige proses van woede is.


Die sielkundige het rou beskryf as ‘n golf, aanvanklik voel dit soos ‘n tsunami, maar wanneer die golf weer breek is die golf hopelik net ‘n fratsgolf totdat dit later net ‘n foam-ripple is.


Dít maak mos nou meer sin as die fantasie dat ek deur als gaan kom en sê ‘Kumbaja, ek aanvaar dit’.

Ek het baie gepraat oor my ervarings. Ek onthou my eerste vry, post-Leendert, die aand toe ek so gehuil het en vir hom sê:

“Ek is so jammer. Dis net, as ek my oë toemaak en jou soen, word jy vir my Leendert.”

I mean, that is a mess! Ek sê toe ook vir mister Tonic, ek voel dit is onregverdig teenoor ‘n ou. Hy sê net: “Dit ‘voel’ nie net onregverdig nie, Clarina, dit ís onregverdig. Dis onregverdig teenoor die ou, maar ook teenoor jou, en dit is nie jou skuld nie. Die beste manier om hiermee om te gaan is om eerlik te wees met ‘n man- ‘leef in die lig’.

En wanneer ‘n ou nie met die realiteit van jou binnewêreld fine is nie, is dit sy goeie reg ook; dit sê net waar hy is, en dit is oraait.”

Dis nou maar deel van die proses. En ek reken dit is deel van die pitstops op my reis.


Disclaimer: Just so you know- I do not condone this behavior of mine, that was just how my mess played out!

‘Clarina, onthou Leendert is jou verwysingsraamwerk vir romanse. Natuurlik gaan jy aan die laaste keer dink toe jy gevry is, maar dit gaan nie vir altyd so wees nie. As jou lewe deur ‘n vierkant voorgestel kan word is jou huwelik met Leendert ‘n sirkel wat al vier die randte raak. Daardie sirkel gaan nooit verdwyn nie, dit gaan nooit weg gaaan nie, maar jou vierkantjie kan groter word, dit gáán groter word. En wanneer dit vergroot, dan neem die persentasie sirkel in die vierkant af en daar is spasie vir liefde en ander mense.’

Hierop kan ek sê, Amen en Selah.


Dit was baie interessant om uit ‘n buite-perspektief te hoor dat ek onnodige belangrikheid aan buite-opinies heg en dat dit my goeie trajeksie van groei soms laat ontspoor.


Ek het ook geleer dat daar bykomend tot die ‘stadiums van rou’, ook ‘take van rou’ is.

Task I: To accept the reality of the loss.

Task II: To process the pain of grief.

Task III: To adjust to a world without the deceased.

Task IV: To find a new and enduring connection with the deceased in the midst of embarking on a new life.


Daar is 'n paar afdelings van die take wat nog afgehandel moet word...


 

My identiteit het verstrengel geraak in hierdie lewensfase.


Ek vra nogals dikwels die vraag: wie is die regte Leendert? Daar is die verskillende skimme en die verskillende ‘Leendert’-personas wat ek geken het sedert ek hom ontmoet het. En dan vra ek ook, wie is ék?

Wie is ek? Die sielkundige het my ook gevra hoekom sê ek die heeltyd:

“Ek is ‘n weduwee, en ek is nog nie 30 nie.”

En die rabbit hole waar ons toe af gesak het was basies, die organiese tangeant… “My onafhanklikheid is ingeperk. Nou is ek weer terug by die huis, maar ek is nie weer terug in die huis as ‘n kind nie.” - “Ek moet volwasse besluite maak, besluite wat die beste vir my en Smirna gaan wees, besluite wat die hele sisteem in ag moet neem en wat die minste mense gaan verontrief. As ek nie volwasse besluite neem nie, dan gaan daar gevolge wees wat onaangenaam wees en wat in die groter prentjie mense gaan benadeel. Ek wil nie vir mense pyn veroorsaak nie. As dit nie gebeur nie dan moet my pa my help besluite maak. Daar is nie baie compassion wanneer ek ‘n verkeerde besluit neem en daar is slegte gevolge nie.”

“Ek voel incompetent.”


Daar is soveel overcompensating.


Wie is ek? Daar is soveel verskillende hoede wat ek moes opsit. Soveel hoede wat ek nou moet dra wat ek net geërf het en nou moet own. Ek moes aanpas en ek is nie altyd seker wat is net aanpassings en wie is die ék nie. En dalk is dit ‘n baie groot bydraende faktor tot die discrepancy in my binnekamer! Die, ‘ek' is nou weer single, maar 'ek' is nie meer 12-jaar oud nie’. How do I navigate this road? Ek kan nie meer terugval op die blueprint van pre-marrital mindset nie, dit werk nie meer nie. Maar ek kan ook nie in my married-mindset bly nie, want dit werk óók nie. Daai aanpassing moet gemaak word. En soos die sielkundige en Mr Tonic sê, ek moet fine wees om nie fine te wees nie, en nie myself wil fix nie.

So just rest in the place of not being okay. It is okay. You don’t have to figure it out. Trust the process.


‘Ek is ‘n weduwee’ hoekom dra hierdie deel van my identiteit vir my so baie gewig?

'As mens jou identiteit sou sien as ‘n lemoen, is hierdie deel van jou wat ‘n ‘weduwee’ is, ‘n enkele slegte kolletjie in een van die lemoen se skyfies- jy hoef nie nou die hele lemoen weg te smyt nie. Dis net ‘n deel van my identiteit, dis nie die hele storie nie.'

“Jy was Clarina, voordat jy begin werk het, voordat jy getrou het, voordat jy ‘n ma geword het, voordat jy ‘n weduwee geword het. Jy was Clarina voor als anders. Jy is ook ‘n Christen en daai is baie groter as al die ander dele van jou identiteit.”

‘Clarina jy is soveel meer!'

Daar het iets met jou gebeur dat jy die status van weduwee gekry het, dis nie iemand wie jy geword het nie.

Dit het jou natuurlik verander, maar dis nie sinoniem met Clarina nie. Jy is soveel meer!


Die dag toe ek daardie pilletjie ge-order het dat ek ophou melk produseer, was ek met soveel meer gekonfronteer as net die feit dat ek nie meer vir Smirna gaan borsvoed nie. Na 18-maande het dit deel van my ma-identiteit geword- dis net ek wat dit vir haar kan gee, it is nice to be wanted and to be exclusively needed. En dis nou ‘n lewensfase waarvan ek moes afskeid neem…


Niks gaan weer terug gaan na ‘normaal’ nie.

Daar is nie ‘n ander kant van rou nie, daar is net ‘n aangepasde kant.

Dit gaan nie eindig nie, daar is net ‘n nuwe kant, ‘n kant waar aanpassings gemaak is, ‘n nuwe realiteit, amper soos ‘n 'nuwe' normaal- whatever nuut én normaal mag beteken. My aanpassings moet net nie overcompensate nie, dit moet net realisties en gesond wees.

Trust your inner voice.

Make decisions that do not compromise your self-respect.


Daar is ook daai discrepency van ‘ek hou nie van boksies nie, en ek voeter by elke boksie uit.’

Clarina, los net die boksies. You are a sinner and a saint.

Ek is twee goed tegelyke tyd.

Is ek fine daarmee?


En ek het besluit om in die vervolg as enkelma self-care te prioritiseer, om soms net vir ‘n naweek alleen weg te gaan, om ‘n weeklikse tydgleuf te hê vir myself.

I am really a better person and a better mother when I am well-kept and well-slept.


Ek wil weer droom oor die toekoms, oor my passies en die dinge wat my laat tick.


Met al die tyd op hande vind ek van my skribbels op papiertjies en op my foon en ek tik dit oor…


 

Wat ek geskryf het na daai aand se vry

Lekker is ‘n understatement…

Bedwelmend, eufories. Die probleem is as jy eers geproe het, is dit ook nie meer genoeg nie - nooit genoeg nie.

Dis die probleem. Dit was makliker om cold turkey te bly!


Leendert se dood het my verander - en daai verander, is my eie toedoen. Nooit as te nimmer sou ek myself in so ‘n situasie eers toegelaat het nie.

I am snow queen, toe kom die son en ek smelt.

And yet, I am not willing to lose something that I am not willing to give away. Ek hoop hy weet wat is die grense. Dit bly by vry.


Daar ontplof ‘n granaat in my borskas as sy lippe myne raak.

Die skrapnel versplinter my hartskamer

- hier is gewondes.



Met voorbedagte rade

Met voorbedagte rade Klim ek in ‘n tydkapsule word weggevoer na wie weet waar


Herinneringe word oopgekloof-

ek voel steeds beroof van my sprokie wat was beloof


Nou is ek hier… met voorbedagte rade Berustend in sy arms - my hart voel weer warm

en ook als anders


Wat gemaak?

Ek het geweet?

-tog ook NIE

glad nie


Herinneringe word getransponeer met vlees en bloed en sy baie moed.


Soos die jellievis

buite bereik - dis gewis

en tog- dis wat ek mis


Wat staan ons te doen?

Vra die hart na die soen vir die brein in afwesigheid van wyn.


Met voorbedagte rade geen spyt oor my dade met sonopkoms - dalk my gewete wat gons?


Oor ‘n soen.



 


Woedebrief aan Leendert

Ek moet my emosies voel, ek moet dit in die gesig staar… Nou is my huiswerk vir die aand om vir Leendert ‘n woedebrief te skryf. Dit voel so vreemd, want ek het nie rage nie.


Ek het die musiek aangesit, ek luister weer Baaba Maal There will be a time kliphard en op repeat, soos in die baby blues tyd as ek vir jou beneuk was vir een of ander rede en ek vir jou eerder moes skryf as om met jou te praat. Jy’t altyd gesê ek skryf beter as wat ek praat, want ek praat in sirkels en my body language suck as ek kwaad is... Ek wil als voel, maar dinge is op-gevoel en uitgewoed. Ek wetie meer wat oor is nie, maar ek gaan nou daai krummels uitkrap.


Ek is kwaad dat jy nie vir my geluister het nie. Dat jy nie geluister het as ek vir jou probeer sin inpraat nie. Hoeveel keer het ek jou vertel dat sekere mense se woorde klomp nonsens is, dat dit geestelike manipulasie was. Ek is kwaad dat jy my nie geglo het nie, dat jy nie geglo het as ek sê dat jy genoeg is nie. Ek is kwaad dat jy oor goed soos voorsiening vir my en Smirna begin worry het. Ek is kwaad dat jy gedink het dis vir ons beter sonder jou. Seriously?


Ek is kwaad dat ek hierdie moet uitfigure sonder jou.


Ek is hartseer.

Ek skryf nou maar 'n gedig, dis makliker om só kwaad te wees.


Gevind en verloor

Ek het jou nie gaan soek nie,

maar ek vind jou in ‘n laatnag kus,

ek vind jou in die foto-negatief van my realiteit…


Ek sien jou met my oë toe

ek voel jou onder my vingers

Ek vind jou orals, orals orals

maar dit is

nie jy nie


Nou is jy net die skim wat my ontgaan ek probeer jou vat, maar die uitgepersde lug tussen my vingers maak net ‘n vuis


Ek het jou verloor…


Leendert, jy’s gevind…

En ek het jou fokken verloor en nou sit ek hier

en jy


met jou gat in die hemel.


[Daar was tog nog 'n paar stukkies rage!]


 

14 Desember 2022


Vanoggend toe die arbeidsterapeut met ons incheck, moes ons vertel hoe dit met ons gaan deur ‘n prentjie in die natuur te gebruik.


Ek voel soos ‘n peperboom- dis mooi om na te kyk, lyk soos bessies, maar wanneer dit gepers word kom die flavours en die brand uit. Ek moet nou op die pressing fokus, op die flavours inside, want dit brand binne, maar g’n mens kan die heeltyd die brand hê nie, dis nie dat ek dit ignoreer nie- dis net nie moontlik om funksioneel te wees en die heeltyd die pressing brand te moet proe nie.


En ek is so dankbaar dat ek nou hierop kán fokus.



Volgende week sou ons derde huweliksherdenking wees...


 


My ruiker van tannie A, ter nagedagtenis aan 'n derde huweliksherdenking.


 

Ek kom ook in touch met realiteit. Dis so maklik om 'n prentjie in jou kop te vorm oor die situationship, maar om nou met myself eerlik te kan wees dat iets binne my ongemaklik voel. Ek dink ek moet herinner word en ek moet dit ter harte neem en onthou: Dis oraait om nie van iets te hou nie, dis oraait, dis nie dat daar iets fout is met my as ek nie van iets hou nie.


Ek besef ek het al soos menig male probeer introspeksie doen as iets nie reg voel nie, dan wil ek uitfigure wat my issue is om te fix sodat ek kan 'reg' voel. Dalk is daar iets in my met hierdie situationship wat sê 'Nee'. Terselfdertyd het ek nie krag om als net te los nie; en dit is dalk hierdie stryd tussen my kop en my hart wat die ongemak veroorsaak.


It's still gonna be a while to be okay with myself, not being okay.


optimum in British English

(ˈɒptɪməm )

NOUN Word forms: plural -ma (-mə ) or -mums 1. a condition, degree, amount, or compromise that produces the best possible result

ADJECTIVE 2. most favourable or advantageous; best optimum conditions


Recent Posts

See All

Comments


bottom of page