top of page
o-3.png
  • Writer's pictureClarina van ieperen

Rou proses | Deel 2

Hier deel ek oor my rou-reis. As jy nog nie Deel 1 gelees het nie, scroll eers soentoe voor jy met Deel 2 begin.

Disclaimer: This is my own journey, overshadowed by grace. There may be similarities with your journey, there may be none, but I pray that you will see that His Grace is sufficient for you to live your journey without comparison.


4 Mei

Ek is in die Kaap vir my pelgrimstog. Ek en Smirna het die bootreis gedoen, op aandring van Boeta junior se raad. “Moenie dat jou vrees oor iets wat 100-jaar terug gebeur het, jou weerhou om die lewe ten volle te geniet nie.” Die bootreis het vir my so baie beteken! Ek het vriendskappe so gemis, so dit was regtig ‘n seën om tyd saam met M te kon spandeer. Die eerste aand was ek nog heel skrikkerig, het vir Smirna in die cabin probeer hou- dit was woes, syt heeltyd gehuil en ek het op als uitgemis! Van die tweede dag af het ek haar saamgevat na als wat ons wou doen en dit was oraait. Sy het al die shows saam ons bygewoon, sy was saam retro-party toe op die deck tot na middernag. Ek sit haar net in die carrier, maak seker sy is warm en wanneer sy aan die slaap raak, lê ek haar neer in die stootwaentjie. Dit het my gewys- ek het nog ‘n lewe, ek kan dinge geniet en sy is fine om saam te piekel. Sy is ‘n absolute social butterfly- dubbelporsie van mamma en pappa gekry!


Ek sien baie vriende en dit is uitputtend om dieselfde update elke dag te herhaal - dit voel net of ek elke keer replay druk. Mense wonder hoe ek oor hierdie goed praat sonder om ‘n traan te stort. Die ding is, die goed waaroor ek práát is ek al fine om oor te praat en dan moet ek dit die heeltyd herhaal, so dit verloor die edge. Die goed waaroor ek nié praat nie, dis op die oomblik die goed wat ek nog nie ontdek het nie, wat nog nie getrigger is nie en dit is die goed wat my walle laat bars when it comes to the forefront.


Iemand het byvoorbeeld gevra of daar oggende is wat ek wakker word en nie wil opstaan nie - en actually nee, ek het nog nie so gevoel nie. Ek het al wel ’n reeks ander emosies gevoel wat baie intens is. Woede is een van hulle. En ek dink dis maar hoe ek gewoonlik iets hanteer, met passie en vuur - wanneer ek die mental energy het. Ek het van tevore gevoel dat ek nie krag het om op te staan nie, maar dis wanneer ek konflik moet face en ek kannie ‘n uitweg daar uit sien nie! En ek is nie daar nie- there is a lot of possibilities and there is hope. Hierdie trauma het kole op my vuur gegooi, alhoewel daar oomblikke van apathy is.


Ek besef ek moet my gifbriewe skryf. Ek het vanoggend wakker geword, soos helemal te vroeg na my sin en ek het daai woede weer gevoel, en hoe ek woede op die stadium identifiseer is as ek befok voel vir iemand en beginne vloek.

En ek is aan myself daai vryheid verskuldig, om nie meer in daai woede vas te sit nie, om nie toe te laat dat iets my ekwilibrium / vrede / zen / peace versteur nie. Okey, zen is soos glad nie die vibe waarvoor ek wil gaan nie, but you get the idea - ek moet my gifbriewe skryf! Meer as dit wat ek aan myself verskuldig voel, weet ek- unforgiveness is self-induced trauma. As ek my eie tekortkominge in die gesig staar dan besef ek maar net, my tekortkominge het maar net anders gelyk as dié vir wie ek kwaad is.


Ek wens tog partykeer ek het nie Leendert se foon aangesit en daai voice notes en WhatsApps gelees wat sekere individue vir hom gestuur het nie, maar ek het, en dis deel van my proses, ek kan regtig sien hoe hy tot daai punt gekom het. En dis ook deel van my proses om ALLES in oëaanskou te neem en te berus.


6 Mei

Ek het gistermiddag tyd saam met V spandeer by die Botaniese Tuine. Dit was ’n groot voorreg, dis regtig kosbaar om L en V se vriendskap verder te beleef en dit bring vir my ook baie troos. Wanneer ek onder die Eikebome loop en ons voetspore terugvolg, weerklink sy lag, dis asof ek hom helderder kan onthou. Ek mis hom.


8 Mei

Sondag.

Moedersdag.

My eerste.

Middagete was saam die van Ieperens, oupa het vir my rose en chocolates gekoop vir moedersdag - dit was pretty special. Ek was daarna begraafplaas toe. Dit was ook goed. Dis weird, dis nie asof daar iets is nie, dis net ’n reminder van - dis real, dis regtig so.

Ek ry toe terug Somerset toe. Tannie M het toe vroeg van die kerk af gekom. Later het ek na haar toe gegaan en gevra om saam my te bid, ek het gebreek, in ‘n rukvloed onophoudelike strome trane.

“Die kristalglas het gebreek, tannie, it is shattered en ek weet nie wat om daarmee te doen nie - dis oorweldigend. Dit gaan nooit weer kan terug na die ou normaal nie.”



Einde van Mei | Refleksie na my tyd in die Kaap


Ek het voor die tyd die verwagting gehad dat ek baie gaan skryf. But there were things that were more exciting- people to see, places to go. En dan was ek ook soms net lus vir ’n breinlose tyd.

Die ander verwagting was dat ek gaan perspektief kry oor my toekomsplanne. En dit het nie gebeur soos wat ek gehoop het nie. Ek het vrede dat ek vir ’n wyle in Barkly gaan wees - ek was baie gekant teen daai idee. Ek is eintlik baie dankbaar dat ek wel daar kan wees- die feit dat ek kán teruggaan huis toe. Ek het ook rustigheid om die toekoms te vat soos dit kom en om verras te word.

My ander verwagting was om die angel uit die Kaap te kom haal, om terug te gaan en als en almal te face, ons herinneringe te herleef en om ons mense te sien. Dit was by tye nogals ‘n intense emosionele reis, maar dit was goed. Ek besef ook hoe baie Leendert ons community gemis het toe ons weggetrek het.

Ek het verder ook amazing perspektief in areas gekry wat ek nie eens geweet het is nodig nie.

Ek is so dankbaar dat ek met oom M beradingsessies kon inwerk, dit was uit die Here se hand! Ek het nou meer van ‘n game-plan om die seisoen in Barkly volhoubaar aan te pak en om gesprekke met pappa en mamma te kan hê. Ek het ‘n behoefte vir community en ek kannie teruggaan en net heeldag myself in die huis toegesluit hou nie. Ek moet begin oefen en ‘n roetine in plek kry, hierdie paar weke waar ek elke oggend moet opstaan vir iets, gee my baie meer sekuriteit as net die waas van bestaan wat gevul is met huil en onthou.

Dit was ook goed dat ek die skoonfamilie-verhoudings kon herdefinieer. Ek is nie meer met hulle seun/broer getroud nie, so ons het nie meer daai gemeenskaplike link wat almal bymekaar bring nie. Hulle is die grootouers en ooms en tannies van Smirna, ek wil hê hulle moet deel bly van ons lewe, maar dis nou op ‘n ander manier. Ek is dankbaar dat ek met elkeen kon tyd spandeer, want dis spesiale vriendskappe wat gevorm is- ek kan actually sê al die siblings is goeie vriende van my. Ek het baie insig gekry oor die family-dynamics, ek kon dit nou vir die eerste keer objektief as ‘n buitestaander aanskou. Al wat ek kan sê, die Here slaan reguit houe met krom stokke. He is redeeming relationships for His glory.


Ek het ook geleer wat is my boundaries as enkelouer. Ek het geleer wat ek met Smirna kan aanpak, en watter goed is ‘n total no-no. Ek het ook ’n vryheid begin ervaar om hulp te vra en hulp te aanvaar- ek kan nie langpad bestuur met haar nie, dit gaan nie gebeur nie. Ek het ’n village nodig het om vir Smirna groot te maak, ek is dankbaar dat ek een het en ek ervaar ook dat ek mense moet deel maak van my genesingsreis.


Ek is dankbaar dat ek dokter toe was.

Die angstigheid was by tye oorweldigend- ek deal nie goed met konflik nie, my slaap is in sy kanon in en Smirna voel als aan, so dit sneeubal net. Toe ek een oggend vir pappa bel en afpak, het hy vir my aanbeveel om eerder net dokter toe te gaan dat my stofboksie uitgecheck kan word. So gemaak… Ek sien toe vir dokter, ek vertel haar dat ek nie eens weet wat ek wil hê sy moet doen nie, ek is nou maar net hier sodat die familie rustig kan wees, I am checked up.

Ek vertel toe van

Trauma-1: Al die gebeure in die maande wat Februarie voorafgegaan het.

Trauma-2, daardie dag in Februarie.

Trauma-3, die sirkus rondom die twee begrafnisse.

Trauma-4 navigating family-relations.


Haar gevolgtrekking was, as jou trauma slegs die afgelope 10-weke was, het die landskap anders gelyk, dan het ons net op aanvullings en lewenstylaanpassings gefokus, maar dis alreeds ‘n uitgerekte trauma en dis nie asof jy ‘die werk kan bedank na 2 maande’ nie, die pad is nog lank. Sy het toe gevra hoe ek voel as sy vir my ‘n anti-depressant voorskryf dat my neuro-oordragstowwe net weer bietjie aangevul kan word. Onder normale omstandighede is ek ’n voorstander vir ander mense om medikasie te neem. Ek is meer versigtig as dit by myself kom, ek weet nie wat is die newe-effekte nie, ek is besig om te borsvoed, the stakes are just so much higher because it is not just me anymore. Maar aan die ander kant, what are the stakes if I don’t do it? It is equally high, maybe even more! Ek is so met my gesig binne-in die situasie dat ek nie my eie welstand objektief kan evalueer nie. Ek weet ek moet ander mense deel maak van die proses om na my welstand te kyk. The journey is far, and I need to finish it with endurance. Die karretjie moet dit kan enduit volhou, op die oomblik is daar ’n bietjie van ’n rattle onder die bonnet, ek kannie eers daarna laat kyk as die liggies op die dash aangaan nie, nog minder kan ek dit bekostig as die kar eers ’n road-side break down het. So ek gee oor.


Ek het ‘n opvolgsessie met oom M gehad. En dit was ‘n coaching-sessie gewees.

Hy het gevra wat is my toekomsverwagtinge. Ek het gesê als is onbekend vir my, ek weet niks, maar om eerlik te wees, daar is wel drie dinge wat op die voorgrond van my verwagtinge is. Ek het eerstens ’n verwagting dat ek weer gaan trou en gaan kinders hê. Eerlikwaar, hierdie hoop maak baie aande draagbaar, dat hierdie net ‘n seisoen is, sometime in the future it will be different than now. There will come a time… Dit hou my sane, ek weet nie wat om anders te maak met my geamputeerde sekslewe nie. En nie eens net dit nie, soos daai aand by sel toe die ouens my groet en ek vir die eerste keer weer ’n breë-skouer drukkie kry, dit het my gebreek.

Like I was a total mess!

Net soos, nooit ooit weer gaan daai Leendert-arms my weer kan embrace nie. Hy gaan my nooit ooit weer kan troos nie, nooit ooit weer kan beskerm nie. Nooit.


Daars niks so finaal soos die dood om ‘nooit weer’ te definieer nie.

En daai finaliteit bring my weer by my verstaan van die dringendheid wat ons moet hê oor mense se saligheid. Jy het elke dag ’n kans, elke liewe dag, totdat jy nooit ooit weer ’n kans gaan kry nie!

Verder het ek ’n expectation dat ek nie vir langtermyn in Barkly gaan wees nie.

En derdens weet ek nie of ek regtig meer in die onderwys wil wees nie. My passie is om te teach, ek love dit om met kinders intellectually te engage. Ek love dit om mense te mentor en te coach, om met hulle ’n pad te kan stap en te sien hoe hulle groei en ontwikkel. Ek besef ook dat ek waardevolle lewenservaring het en dat dit dalk ’n bydrae in ander se lewens kan maak. Iewers kom my kreatiwiteit en my skryf ook nog in. Ek geniet wiskunde en biologie, of altans die intersection van wetenskap en my geloof. Die punt is, daar is soveel bestanddele op die tafel en ek is nuuskierig om te sien hoe die Here al die ingredients gaan saamsit. Ek het ook vrede dat ek sal weet wanneer ek die volgende treë moet gee en ek bid vir genade vir courage om dan gehoorsaam te wees.



Die skoen

Ek is herinner oor ’n droom wat ek in 2018 gehad het. Ek en pappa sit in ’n koffiewinkel, ‘n man kom na hom toe om na my hand te vra. Dit was vir my te oorweldigend, toe staan ek op en loop uit. En dit was nogals ’n tell tale van waar my hart op daardie stadium was, dat ek net uitgeloop het wanneer situasies my vulnerability ontbloot. In die droom loop ek deur die strate van hierdie medieval dorpie, die paaie is nog cobble stones en daar is orals skoene, maar ek kan nêrens die ander skoen kry wat by myne pas nie. En dit was vir my ’n groot ministering oomblik- dat ek nie my ander skoen gaan vind as ek nie daai vulnerability embrace nie.

Voor ons bootreis het ek in Durban my tas oopgemaak en gesien ek het een van my sandale by die huis vergeet, nou sit ek met net een skoen. Ek moes toe ’n ander paar sandale koop vir die bootreis. In Kleinmond kyk tannie A so na my skoene en sê, daar is ’n nommer 8 op jou skoene. Ek sien toe die twee sirkeltjies op die voorkant lyk soos ‘n nommer 8. Sy sê die betekenis van ’n nommer 8 is ‘new beginnings’. Nou ja, dit was nogals vir my baie significant dat ek weer herinner is aan die droom van long ago, om te kan sien hoe die Here se genade my laat groei het, dat ek in daardie belofte kan stap van vulnerability en intimacy en dat Hy dit so bewerk het dat ek my skoen verloor het en dat ek nuwe skoene kry met ’n betekenis wat belofte dra.


11 Junie

Dié was ’n sleg week. Na 48-nagte weg is ek en Smirna weer terug in Barkly. Net na Leendert se begrafnis in Stellenbosch was daar al voorbereidings vir oupa se heengaan en die pelgrimstog het afgesluit met nog ’n begrafnis. Dis ‘n baie interessante verhouding wat ons die afgelope paar maande met ‘dood’ beleef het; ’n dood wat totaal en al ongevraagd was, voortydig en aaklig. In kontras daarmee is oupa se dood- ons het daarvoor gebid, dit was ‘n voleinding van ‘n lewe van 82-jaar en ‘n lang siekbed. Snaaks hoe die dood in albei situasies vir iemand lyk soos ‘n uitkoms, maar soos S tereg gesê het, ’n selfmoord bring net uitkoms vir daardie betrokke persoon, maar dit multiply net die sorrows en die hartseer na al die ander mense wat daardeur geraak word.

En toe het ek ook nog die polisieverslag van L se dood ontvang and I care not to overtell the content thereof…


Maar hierdie week was sleg. Ek het Maandag net gechill en teen Donderdag het ek nog nie uit daardie rat weggetrek nie en nou is dit al Saterdagaand. Ek is so bietjie numb, ek vermy my foon, ek vermy accountability en ek vermy responsibility.


Die skooltjie het my gekontak tydens my tyd in die Kaap om te hoor of ek belangstel in ‘n pos. Ek was glad nie keen nie, maar ek het die week toe die storie gaan uitkyk. En ek is nog in two minds daaroor. Ek sukkel om te commit, wat as dit te veel gaan wees om te handle? Wat as, wat as, wat as… Ek moet dan vir Smirna ‘n dagmoeder vind, dis net soveel komplikasies en dis in elkgeval soos 'n piepklein salarissie wat ek gaan verdien. Ek het nou juis die vakansie weer opnuut besef wat my passies is, maar ek weet ook ek is nie seker hoe dit gaan uitspeel nie. En ek wil ook nie gebind word tot die dorp nie, ek is net tydelik hier!


5 Julie

James Pringle se lirieke tref vandag…

Immanuel


"In the pain in the grief, in the numb disbelief.

When we’re strong, when we’re weak, You are with us.

When our fists hit the wall, when our knees hit the floor, when we can’t cry anymore - You are with us."


Epiloog

Hierdie was my laaste joernaal inskrywing gewees. Die blog posts (Rou Agtergrond, Rou Kuns en Rou Smart) het later gekom.

Daar hang nou alreeds Kersfersierings in die winkels en dis 'n maand voor my 28ste verjaarsdag. Die jaar het so vinnig, maar tog so eindeloos verbygetrit in 2022. Ek het altyd vir Leendert probeer bemoedig, "Onthou, groot ratte draai stadig." Ek weet nog nie watter rat ek besig is om te draai nie, maar dis darem aan die beweeg.

Ek is so bewus van die feit dat ek nie die versiende vermoë het om te weet wat die beste vir myself is nie. As ek terugkyk en lees hoe gekant ek teen die idee was om in Barkly te bly... Dis sover 'n ongelooflike seën vir my gewees. Die pos by die skooltjie bring vir my soveel genesing, dit het 'n geleentheid geskep om deel te word van die gemeenskap en om ander ouers te kan ontmoet. Ek het die vryheid om my passie uit te leef in 'n anderster mileu wat my wêreld soveel vergroot. Natuurlik mis ek die bekendheid van dierbare en gevestigde vriendskappe, maar mens kan seker nie als op een slag kry wat jy wil hê nie.

Ek het in die maande tussen-in besef, ek is in 'n proses. Dis vulnerable om 'n snapshot te deel, because I don't have it figured out, but that is also the beauty of it. As mens uit 'n proses uittap, dan was daardie laaste snapshot jou eindbestemming. Just keep on, press in, and continue in the process of your journey.


The promise of the Lord is- He will make everything beautiful in its time!

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page