Rousmart van onthou
- Clarina van ieperen
- Jul 23, 2022
- 1 min read
Updated: Jul 6, 2023
“Vergeet om te vergeet,
onthou om te onthou
jy moet altyd weet
ek is lief vir jou.”
Ek wil jou onthou.
Ek wil jou vergeet.
Vergeet voel te wreed en onthou is te seer.
Tog…
Ek wil jou vergeet en
ek wil jou onthou.
Jou uitkoms, my leed
dís wreed.
Ek koester die onthou-
ek was lief vir jou.
20 Julie
Comments