Dis ook nuut...
Die sonneblomme en proteas, die valke wat bo ons sirkel en almal anders jubel saam ons.
Ek voel die seisoen in my hart en hy pluk blomme om my te vier.
'n Langafstand verhouding wat wag, ek soek huis vir vier dames en 'n boetie. Ek droom oor Koninkryk en nasies.
Ek is verlief en eet nie altyd so véél nie - en dit is alweer tyd vir nog 'n vriendin-bruid se rok om te pas. Ek het 'n week terug 'n man op sy knieë gehad wat ons harte aan ons Herder toevertrou het, want in Hom het ons rus.
En ek het rus. Ek het vrede en vreugde.
Dis nuut...
Die woorde begin op my lippe vorm wat alreeds in my hart wortel geskiet het...
Ek dink ek het jou lief.
15 November 2018
Comments